Week in Photos Letters Ed's Comment Issues at Stake London Letter Memory Lane Property Guide Industrial SkylinePublications Banner Woza Banner
Menu News Front Page Classifieds Advertise About us Contact us Publications Zululand Observer Bay WatcheShowe WatchNorth Watch Umlozi Wezindaba Eastern Watch
Agri Watch

Facebook Twitter

HyperPharm

Umfolozi College

http://www.dolosfees.com

Friday, 22 July 2011


Geestelik feestelik by Dolos


STORY: Rachelle Breed


dol

Die Dolosfees is om die draai en belowe om ’n fees der feeste te wees, maar op Sondag 7 Augustus sal Zoeloelanders kan stil word in die natuur met ’n lofprysingsdiens ter afsluiting van die naweek se samesyn en genot.
Die kunstenaars is ook sorgvuldig uitgesoek om byval te vind by alle ouderdomme en aanbiddingstyle. Die baie bekende Gospel sangeres Ronéll Erasmus sal bekende treffers sing, terwyl Oom Karoolus en Lente die kinders sal laat skater. Die plaaslike rock groep, Die Foute, is besig om opgang te maak in die musiekwêreld en kenners voorspel groot sukses vir hulle, danksy die groep se gehalte lirieke, passie en professionele benadering. ‘Ons is baie trots op hulle. Vandat hulle by die vorige Dolosfees opgetree het, gaan hulle van krag tot krag en hulle boodskap spreek reg tot die jeug,’ sê feesorganiseerder Elize Boshoff ‘Ons nooi die kerke om die dag laer te trek in die hooftent tussen 10vm tot 12-uur en vra geestelike leiers om hul gemeentes aan te moedig om deel te wees van die dankseggingsdiens. Zoeloeland is bekend vir die ongelooflike onderlinge ondersteuning en naastediens van groepe gelowiges. ‘Dit maak nie saak van watter denominasie gelowiges afkomstig is nie, dit is die ideale tyd vir almal om hande te vat en laer te trek en seën op ons dorp te bid,’ sê Boshoff.


Share this story
Comment on this story . Write to the Editor.