Tjoklits in the Baai

Sanet Rheeder (Harmony Pix) en sanger Gerhard Steyn

Baaiplesier - Natasha Venter, Elize Visser en Judy Botha
Plaaslike bewonderaars van die sangheld Gerhard Steyn se harte het ‘tjoklits’ geklop toe die hartebreker verlede Saterdagaand in die Baai opgetree het.
Steyn is veral bekend vir sy jongste treffer ‘Baby Tjoklits.’
Hy het ook verskyn in Frans Marx se televisiereeks ‘The Res’ as Andrè, die universiteit se rugbykaptein.
In die plaaslik-vervaardigde sepie ‘Sewende Laan’ het hy die rol van Kosie, die lywag vertolk.
Die sanger se eerste album was getiteld ‘Teen die berg’ en hy is ook mede-skrywer van vele van sy lirieke.
Plaaslike kunstenaar, Wikus Botma, wat ook tydens die Dolosfees opgetree het, het die voorvertoning aangebied en Sanet Rheeder het die bekende ‘Lisa se klavier’ gesing.
Die vertoning is georganiseer deur Sanet en Elsie Rheeder van ‘Harmony Pix’ en het plaasgevind by Richtek Kollege in ’n reuse markiestent.



